Sy gaan julle magies vol hou so wees "nice"met haar anders lui julle honger.
Na hom moet julle kyk anders gaan julle dorslei en glo my dit kan warm raak. Hart van goud en altyd 'n storie om te vertel.
Sy is 'n spontane mens en game vir alles. Sy gaan seker maak julle het 'n plek om te slaap en hopelik nie verlore raak nie.
Hannelie gaan seker maak julle almal het 'n plekkie om te slaap. As Hannelie vir ons iewers sit dan is dit waar ons rus.
Sy gaan ons heeldag laat mooi lyk en al daai spesiale oomblikke vas vang wat ons nie kan nie.
Sy is 'n spontane mensie en laat alles net altyd so maklik voel, sy laat alles ook altyd so natuurlik lyk. As julle ooit iemand soek vir daai spesiale oomblikke vat haar nommer. Sy's nie 'n fotograaf nie sy's deel van die familie en glo my sy gaan saam met ons makietie heel naweek.
Sy is 'n dame wat se passie van hare saam met haar gegroei het. Sy gaan vir die Saterdag op Matroosberg beskikbaar wees vir julle haar afsprake. Sy kan al julle dames vir die dag laat mooi lyk. Kyk asb onder Saterdag se aktiwiteite vir 'n prys lys en alle verdere informasie