Die hele lodge is uitgeboek vir ons en ons gaste vir Saterdagaand, ons wag egter nog vir al die kamers en chalets om oop te gaan vir Vrydagaand. Kampplekke is vir altwee aande oop vir ons. Marianne se suster, Retha Cloete, gaan al die verblyf hanteer (sien Epos adres onder), stuur dus asb die volgende vir haar :
1) Benodig jy verblyf vir Vrydagaand en Saterdagaand, of net Saterdagaand;
2) Jou eerste en tweede keuse vir verblyf en;
3) 1 of 2 mense (met name).
Opsies:
- Kamp @ Eagle’s Rest Lodge (N$150 pp,per nag, ontbyt kan ekstra bespreek word teen N$125 pp.) Bring eie tent en gereedskap. Badkamer geriewe is beskikbaar. Slegs 3 kampplekke het krag. Generators sal by badkamers krag voorsien.
- Elegant kamer @ Eagle's Rest Lodge (slaap 2) N$ 680 pp, per nag, ontbyt ingesluit
- Family chalet @ Eagle's Rest Lodge (2 kamers, slaap 2 elk, sleeper couch beskikbaar vir 5de persoon) N$ 620 pp, per nag, ontbyt ingesluit.
- Luxury kamer @ Mountain Lodge (slaap 2) N$ 1 185 pp, per nag, ontbyt ingesluit. Let wel dat Mountain Lodge +- 8km vanaf Eagle's Rest is (waar alles gaan plaasvind).
Verblyf moet asb by Retha geboek word,nie deur Otjiwa nie. Kontak Retha per e-pos: rethalambrechts@gmail.com.
Verblyf moet asb 100% vooraf betaal word. Geen limiet op aantal mense by kampplek nie.
Betalings kan gemaak word na:
M Lambrechts
FNB Rek: 622 6353 5547
Takkode: 280 174
Verwysing: Naam
Stuur asb bewys van betaling aan Retha.