Vrydagaand Braai

Fri
Oct 1
2021
6:00 pm
RSVP

Otjiwa Safari Lodge
Eagle’s Rest Lodge
Namibia

+264 67 306 671
otjiwa.com.na

Saterdag deur die dag

Sat
Oct 2
2021

Otjiwa
Eagle's Rest

De Jager troue

Sat
Oct 2
2021
4:00 pm
RSVP

Otjiwa Safari Lodge
Namibia

+264 67 306 671
otjiwa.com.na
Wat gebeur?

Bring en Braai @ Eagles Rest Lodge

Ons wil graag al die Vrydagaand saam jou kuier want een dag is net te min. Indien jy dieselfde behoefte het bring dan vir jou iets om te braai en 'n kampstoel. Bykosse sal voorsien word. Die kroeg by die lodge sal oop wees, maar jy is ook welkom om jou eie koelboks te pak.

Verblyf

Indien jy die Vrydagaand ook al kom, sien asb "Akkomodasie en aktiwiteite" vir verblyf opsies, en bespreek by Retha.

rethalambrechts@gmail.com

Saterdag deur die dag

Ontbyt by Eagles Rest Lodge, bevestig asb tyd by ontvangs.

Kampeerders, ontbyt is N$ 125 per persoon indien jy nie self wil maak nie. Bespreek asb saam met jou akkomodasie by Retha.

Ligte middagete beskikbaar by Eagle's Rest Lodge op eie koste. Bespreek asb met ontbyt.

Gaste is ook welkom om by kamp self iets te maak om te eet. Bring jou eie hout of koop by die lodge.

Gaste wat eers Saterdag deur die loop van die dag deur-ry en middagete by die lodge wil eet, bespreek asb by Otjiwa met aankoms.

Die dag is joune om te geniet, sien asb 'Akkomodasie & Aktiwiteite' vir goed om te doen. Hou asb baie energie vir die aand :)

Ongelukkig kan die lodge nie vir almal 'n rekening oopmaak vir die naweek nie, betaal dus asb jou kos en drankies na jy dit geniet het.

 

Drag

Formeel

Mans, dis nie nodig vir 'n baadjie, maar wel 'n das. Geen jeans asb! Vrouens sien asb drag vir mans en gebruik jul vroulike intuïsie. Dit is winter, so wees maar voorbereid.

Seremonie by die dam

Gaste moet asb self seremonie toe ry, volg die aanwysings en parkeer asb in parkeerarea.

Asb geen selfone en fotos gedurende seremonie, daar sal na die tyd genoeg tyd wees vir fotos neem.

Wees asb betyds, Marianne se pa se leuse is : "As jy 5 minute vroeg is, is jy laat." Dus sal Marianne stiptelik om 15h30 instap.

Voorgereg en drankies

Na afloop van die seremonie sal voorgereg en drankies bedien word by die swembad terwyl Chris en Marianne fotos neem.

Gebruik asb hierdie kans om vir ons 'n kiekie te neem en 'n boodskap te skryf, ons sal dit baie waardeer.

Laat weet asb vir Marianne indien jy enige kos allergieë het.

Kroeg reëls

Kontantkroeg

Ondersteun asb die kontantkroeg. Ons sal wel seker maak dat die pryse billik is.