
Hoe die feë verhaal begin het........
Oppad "Fairways'' toe op ‘n Desember aand met al die trawante agter op die bakkie en Patricia voor saam met my. By ‘n vierrigting stop staan daar ‘n wolf in die middel van die pad en kyk reguit en diep binne in my oë. Was dit nie vir Patricia nie sou ek dit self nie kon glo nie, nee dis nie ‘n hond wat lyk soos ‘n wolf nie.... Dit was ‘n Wolf met blou oë wat reguit deur my siel gekyk het.
Patricia se enigste woorde was, hoekom kyk daai Wolf so vir jou ? My antwoord...... vanaand gaan daar iets gebeur, nie seker wat nie, maar wel iets.
Ek is van nature bygelowig en my senuwees was klaar, my ''fight or flight'' indikators was wakker daai aand. Soos 'n parate soldaat het ek die aand betree, versigtig maar nogsteeds bang vir die monsters in die donker.
My vrou sal baie meer onthou van daai aand as ek, maar vir my was dit soos 'n droom wat jy ken maar nie kan onthou nie.... ek het vir twee ander meisies drankies gekoop en toe vra my vrou vir my..... en wat van my ??
En daarna is alles verby, my lewe voel te kort, ek voel ek het tyd verloor, my kompas het ophou draai en my inspirasie het my gevind....... Nooit weer sal ek dieselfde wees nie.
Ek kyk elke dag na my lewe en leef in wonder oor wat ek reg gedoen het om soveel genade te verdien.
Met baie liefde aan my vrou Angie, my dogter Yunke en my hele familie.......... en die Wolf.

Ons het begin met 'n vloek, of so het dit gevoel!
'n Lekker kuier saam met sy neefie(Dirkie) en 'n laat aand by die watergat het ons bymekaar gebring, sonder dat ons dit verwag het. Ure se praat langs 'n swembad het gelui na dae se heen en weer asof ons net vriende is. Daarna het hy ons sprokies verhaal laat begin met 'n date aand en 'n vragie wat ek nie verwag het nie: "Sal jy met my uitgaan?". Ek het amper van my stoel af geval, waar kry jy nog 'n man wat dit vra?!?!?! en die cherry op die koek was ons eerste party saam 'n troue op Valenstyndag (waavoor ons amper laat was) en dis waar ek besef het ek het my man gevind. Ons en die bruidspaar as ook sy ouers het almal in 'n swembad beland in ons klere. Soos almal ons ken was ons die laaste om die troue te verlaat , sop nat maar almal goed vermaak tot die einde (dis Quintin se famous storie van Kromkou appels en hoekom ek vir 'n hele ruk nie mag verblyf gekies het nie). Die volgende oggend met alles wat gebeur het tot dan het ek geweet hierdie een is myne.

Ek kan net vertel waar my verlowings naweek begin het.......
Soos ons vir Quinna ken is niks 100% waarheid nie en as hy uit sy pad uit gaan om vir iemand iets te doen moet jy weet... hy't jou baie lief!
Ons is oppad "Worcester" toe, want ons moet stoele vir sy ma optel (ja, mams was deel van die witleun) wat sy pa vir haar gekoop het (ja dux was ook deel van die witleun) vir kersfees. Daarna het ons 'n groot braai by Fasie aan.
Toe ons anderkant Worcester kom toe vra ek, nou waarheen nou, toe is die antwoord ek het die dorpe verkeerd gehad dis by Robertson. Toe moet ek hom eers laat verstaan as ek nie gevra het nie sou ons die afdraai Robertson toe gemis het.
Kom in Robertson toe wil hy eers iets eet, want hy het nou die ou gebel en hy's nog nie op die plaas nie. Dis toe dat hy stop om ys te koop en toe klik ek hiers vout. Ons gaan nêrens.
Toe word ek vertel, maar ons was al vir 2 maande straight besig en hy wil net hê ons moet 'n naweek af vat tussen die berge sonder sein en werk. Ek was in ekstase , want om vir Quinna sonder 'n foon te hê is onwerklik.
Kom toe by ons huisie tussen die berge in 'n kloof met niks anders as natuur nie en ek en my man to be. Lekker swem, son en net chill om 'n vuurtjie.
Saterdagaand toe word ek vertel om net te sit en relax. Ek mag niks doen nie!! Hy maak toe die hele huisie se stoep op met Fairy lights en kerse en dit lyk soos 'n sprokies prent so in die kloof van die berg se agtergrond en die son wat sak.
Uiteindelik sê hy ek mag kom kyk hy't iets wat hy my wil wys... en daar is my droom ring op die tafel in 'n boksie en ek skree:"NEE DIT KAN NIE MY RING WEES NIE!!" en hy sê heel rustig: "Ja dis jou ring sal jy met my trou?". Ek het in trane gestort en net my kop geknik,want ek kon nie woorde uit kry nie. BEST EVER!!!

Ek kan baie dinge reel, maar nooit moes ek in my 50 jaar in verlowings naweek reel nie, wat nog van my eie. Die groter probleem is dat my vrou alles weet wat aangaan en sy is gewoonlik die een wat alles reel, en dit doen sy baie goed, dit is immers haar werk.
Die stress faktor was hoog, en my vrou is so nuuskierig wat dit moelik maak om iets vir haar weg te steek, maar nietemin het ek wel my ''kuif'' verloor maar nie my sin vir humor nie. Tussen al die ''fairy lights'' , kos, spiserye, klere, messe ,vurke, lepels, waspoeier, gemmer, aartappels, ys, handoekrol, en soveel meer....... was my grootste prestasie vir die naweek die feit dat my vrou gese het ek het niks vergeet nie..... dit gebeur selde.
Dit was werklik pragtig om tussen die berge vir my verloofde in feetjie tuin te maak met al die liggies terwyl die vuurtjie rustig brand onder die peper boom waar ons sit. Dit was in storie om haar te kry om stil te sit by die vuur, want hoe anders kon ek die ring op die tafel sit waar al die liggies was.
Sy het amper reg verby die ring op die tafel geloop , maar gelukkig kon ek haar stop en toe sy begin huil, kon ek haar uiteindelik vra.... sal jy my vrou wees......